Program aangebied oor Dwelms

Die AGS Sasolburg Suid (Nuwe Lewe Tabernakel) bied op 10 September vanaf 09:00 tot 13:00 ‘n program met die titel “Word toegerus om jou plek in te neem teenoor dwelm misbruik” aan.

Die program handel oor hoe om die gemeenskap, veral ouers en opvoeders te bemagtig om dwelmmiddels korrek te indentifiseer en ook wat om te doen indien ‘n verslaafde, eks verslaafde of geliefde verdere hulp benodig.

Die Program bestaan verder ook uit verhale van hoop wat deur eks-verslaafdes en geliefdes van voormalige verslaafdes vertel sal word.

Dwelmverwante inligting soos die effek wat spesifieke dwelms op ‘n mens het en hoe dit lyk, gaan deur Johan Nothnagel verskaf word.

Handige inligting oor nasorgprogramme sal ook deur Tough Love, die AA en ander soortgelyke instansies gegee word.

Elke ouer, onderwyser of voog word hartlik uitgenooi want hierdie is een van daardie “moet hoor” geleenthede.

Die AGS Sasolburg-Suid is op die hoek van President Brand en Wilcock straat, Sasolburg.

Kontak Yolandie by 072 364 6121 vir meer besonderhede.

This entry was posted in SAPS, Vaalpark. Bookmark the permalink.

Leave a comment