R30 000 vir Inligting oor Rekenaardiewe

‘n Beloning van R30 000 word aangebied vir enigeen wat die polisie met inligting kan help om die skuldiges wat verskeie skole in Zamdela besteel het, vas te trek.

Op 5 Julie het diewe 30 rekenaars en ‘n projektor by HS Iketsetseng in Zamdela gesteel.

Slegs 6 dae later, op 11 Junie, is 39 Rekenaars en 2 projektors by HS Nkgopoleng gesteel en op 2 Augustus is 12 rekenaars, 9 Platskerms en 2 Skoot rekenaars by LS Isaac Mhlambi gesteel.

Dit is ‘n finansiele terugslag vir al die Skole en dit gaan derduisende rand kos om te vervang.

Enigeen wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan adjudant-offisier Jan Opperman by (016) 974-6001/42 of 084 409 7300 skakel. (Sasolburg Ster – Schalk le Roux)

This entry was posted in Polisie, SAPS, Vaalpark. Bookmark the permalink.

Leave a comment